Wildsvleis skema vir Wildboere
- adriaansnyma2
- Apr 1, 2014
- 4 min read
Wildsvleis kenner, Dr Maretha van der Merwe gee vir ons ‘n paar nuwe insigte oor die wildsvleis skema en gesels oor wat die wildsvleis skema alles behels.
Sy verduidelik as volg;
Daar is ‘n paar aspekte met die regering beding en ons moes ‘n platform vir die skema gee. Sodoende het ons dan die wildsvleis konsep-regulasies as platform gebruik.Die onderhandelinge en suksesse wat deur Wildlife Ranching South Africa (WRSA) vir die wildindustrie behaal is, is fantasties en baie groot. Die skema is in September 2012 gepubliseer en aan die publiek oop ge maak vir komentaar waarna die hele proses in November gesluit is.Ons is steeds in die stryd om by die proses te kom waar die skema gefinaliseer kan word en ons dit dan onder die Wet op Vleisveiligheid kan promulgeer, wat hopelik teen volgende jaar sal geskied.Op die konsep-wildsvleis regulasie is die omgewing waarin die abattoir is, baie skerp na vore gebring en die van ons wat weet wat die abattoir alles behels sal weet dat om te registreer ‘n baie duur proses is wat baie duur toerusting en fasiliteite insluit.Ons het van so aard beding dat ‘n baie basiese slag fasiliteit op ‘n wildsplaas, by die Departement van Landbou geregistreer kan word.Ek verkies dit om in die wildbedryf nie te praat van ‘n abattoir nie, want wat my aan betref is dit irrelevant. Alhoewel die slag proses in die veld plaas vind moet daar ‘n slagfasiliteit geregistreer word en ons oogmerk was om vir die kleiner wildboer ‘n kans te gee om hierdie wonderlike produk op die plaaslike mark te kan verkoop en sodoende daardie geld dan in sy eie sak terug te sit. Die slag fasiliteit is gemagtig om baie basies te kan wees.Nog ‘n gedeelte van die skema wat beding is gaan oor vleis inspeksie wat onafhanklik moet geskied. Die regering is huidiglik besig om dit ook aan te spreek.Alhoewel vleisinspeksie die verantwoordelikheid van die staat is, is dit asgevolg van verkeie faktore nie bereikbaar nie.Die voordeel wat die skema dan bied is dat jou plaas voorman, jou man of vrou, een van die werkers of jy self die kursus kan bywoon en as ‘n vleis onderskoot kwalifiseer. Die tydsduur van die kursus is net minder as ses maande. Die vleis inspeksie word dan op die plaas gedoen en daardie wildsvleis voldoen dan ook aan die wetlike vereistes.Verdere aspekte van die skema behels die opleiding wat moet plaas vind onder die plaas werkers en die slag personeel wat te doen het met hierdie hele proses.Dit is baie belangrik dat ons, veral vir die personeel moet leer hoe ‘n mens met vleis werk.As jy die hantering van wildsvleis vergelyk met die hantering van ander rooivleis, is dit baie swak en ons kom eintlik met moord weg. Teen spyte daarvan het ons steeds ‘n baie goeie produk.Die voordeel vir die wildboer lê onderandere in die lae insetkoste. Die skema bepaal dat jy nie ‘n duur en volwaardige abattoir nodig het, om te registreer nie. Jy is op die plaas self wat beteken dat daar geen bykomende vervoer kostes is nie.Nog ‘n voordeel is dat dit ‘n onontginde en belowende mark is. Ons gaan proaktief moet gaan kyk na die toekoms, en ‘n onontginde protiene bron is nie iets wat ons net kan laat lê nie.Bykomend gebruik al die wildboere hulle eie produk wat ‘n baie goeie produk is. Daar is ook baie navorsing gedoen op die gesondheids voordele van wildsvleis.‘n Ander voordeel is loopbaan geleenthede. WRSA is tans besig om te kyk na die opleidings materiaal, en die akkreditasie daarvan wat beteken dat baie van hierdie basiese kursusse deur die slagpersoneel bygewoon kan word. Sodoende kan kan hierdie personeel op ‘n amper ongeletterde vlak in ‘n loopbaan in, tot op selfs die vlak van vleis ondersoeker beweeg. Dit alles sal ly tot beter bestuur van die produk kwaliteit.Daar is dan ook spesialiseerings geleenthede. Reeds is daar lede wat suiwer net op carpaccio werk met vragmotors wat tot vier maal ‘n week Pretoria toe ry.Verdere punte in die skema sluit onderandere in, die volhoubaarheid in produksie en ‘n enkele skema vir die hele land. Dit is van toepassing op die plaaslike mark en trofee karkasse is ook by die skema ingelsuit.Afhangende van die spesifieke fasiliteit kan tot 20 eenhede per dag geoes en verwerk word. ‘n Eenheid kan gemeet word in die groote van ‘n Eland, of ses rooibokke.Die higiëne en veiligheid van die wildsvleis is ook ‘n baie belangrike aspek omdat ons nie kan bekostig dat die media enige onreëlmatighede aan die vleis koppel en sodoende die mark voortydig dood maak nie. Net so belangrik is die naspeurbaarheid van die vleis. In die geval van enige probleme moet die spesifieke vleis gekoppel kan word aan die betrokke fasiliteit.Wildsvleis is so goeie produk dat dit nie in die mark as goedkoop verkoop mag word nie. Daar moet ‘n premie aan die produk gekoppel word. Daardie premie gaan egter ook vir jou sê dat dit op die regte standaard en die regte kwaliteit gelewer moet word.






































Comments