Winslyn: Onderhoud – Norman Adami
Norman Adami het verlede jaar as SAB se uitvoerende hoof afgetree na ‘n uiters kleurvolle loopbaan. Hy is deur en deur ‘n bierman, maar dien deesdae ook op talle ander rade en direksies.
In die onderhoud maak Norman dit baie duidelik dat die potensiaal van die wildbedryf in die volgende dekade tot selfs 'n R100 Biljoen per jaar in omset kan bereik.
Van Wildboere.com se kant af wil ons aan Norman Adami baie dankie sê vir 'n uistekende onderhoud. Dit skep sonder twyfel 'n baie positiewe beeld vir die Suid-Afrikaanse publiek.