Reaksies op leeujagtog spruit uit onkunde
Die negatiewe reaksies en haatspraak teen Melissa Bachman se leeujag-trofeefoto’s wat op Facebook en Twitter verskyn het, is gevaarlik en loutere onsin, hoe goed dit ook al bedoel word, sê die president van die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging, professor Pieter Potgieter.Hy meen dit spruit voort uit onkunde en die feit dat mense nie behoorlik ingelig is oor die jagbedryf in ’n groter bewaringskonteks nie. Hy sê: “Elke kommersiële leeu (’n leeu wat in aanhouding geteel word) wat in Suid-Afrika gejag word, ‘red’ as’t ware minstens een vrylopende leeu in die natuur.” Die getalle van leeus wat nog vry in die natuur voorkom, word op altesaam tussen 16 500 en 30 000 op die hele Afrika-kontinent geskat.
– Persverklaring