top of page

GEBRUIK VAN GIF ONAANVAARBAAR

Die Nasionale Predasiebestuursforum (PMF) is op rekord dat die gebruik van gif om predasie van lewendehawe te voorkom geensins ondersteun word nie.

Dit is die woorde van PMF Voorsitter, Mnr Harry Prinsloo wat dit duidelik gemaak het dat alhoewel dit nie die beweegrede is waarom gif gebruik word nie, die impak op die omgewing en dierelewe wat nie geteiken word nie eenvoudig te groot is.

“Die onlangse gebeure waar die gebruik van gif tot vrektes van aasvoëls in die Oos Kaap gelei het, asook die vrektes van jakkalse en ander wildspesies in die Addo Olifantpark is voorbeelde van die ongewensde impak wat die gebruik van gif mag hê.”

Prinsloo het ook genoem dat die PMF, verteenwoordigend van die Rooivleis-, Wol-, Bokhaar- en Wildprodusente, is bekommerd dat produsente steeds gif gebruik ondanks verskeie beroepe om dit nie te doen nie. Aan die anderkant is die gebruik van gif ook ‘n bewys van die desperaatheid van lewendehawe produsente om hul vee te beskerm teen predatore en rondloperhonde.

“Die Suid Afrikaanse regering moet kennis neem van hierdie desperaatheid en word versoek om met produsente-organisasies en PMF saam te werk om die probleem op nasionale vlak aan te spreek.”

Prinsloo het bygevoeg dat die plaaslike regering ook instrumenteel is om te help om die probleem van rondloperhonde en onwettige jag van wild met honde aan te spreek.

Leopard.jpg

Featured Posts
Recent Posts
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
Follow Us
Search By Tags
bottom of page