Afskrywing van veiligheidstoerusting vir belasting doeleindes - AgriSA
Johan Pienaar – Adjunk-uitvoerende Direkteur
Die afskrywing van veiligheidstoerusting deur boere oor 'n termyn van 5 jaar, in terme van artikel 11 (e) van die Inkomstebelastingwet, is toelaatbaar. Dit volg nadat Agri SA se Landelike Beveiligingskomitee die moontlikheid bespreek het en nadat Agri SA die beginsel van die aftrekbaarheid daarvan as 'n koste vir boerdery doeleindes met SARS uitgeklaar het. Kort hierna het SARS bevestig dat sodanige toerusting in terme van die vermelde artikel afskryfbaar is. Die reëling geld egter nie vir veiligheidstoerusting in privaat wonings nie.
Misdadigheid in die vorm van veediefstal, diefstal van toebehore, insette en plaasprodukte veroorsaak groot geldelike verliese vir boere. Dit noodsaak dus die installering van veiligheidstoerusting om boere teen sodanige verliese te beskerm. Agri SA moedig boerelede aan om met hulle ouditeure en/of boekhouers te skakel oor dié benutting van die voordeel vir belasting doeleindes.
Agri SA Persverklaring
![AgriSA logo.jpg](https://static.wixstatic.com/media/96f241_df0b1e675f394d63ba3ad2224cd995da.jpg/v1/fill/w_396,h_122,al_c,q_80,enc_auto/96f241_df0b1e675f394d63ba3ad2224cd995da.jpg)