top of page

WRSA Kleinwildtelersvereniging

Wildlife Ranching South Africa (WRSA) nooi kleinwildtelers uit na ‘n stigtingsvergaderingvan die Kleinwildtelersvereniging.

Kleinwildtelers.jpg

Volgens WRSA Bestuurder Herman Barnard, is die stigting van die vereniging ten doel om die kleinwildtelers ‘n platform te gee vanwaar hul belange in dié spesialiteitsveld bevorder kan word, om standaarde in die bedryf te stel en om as spreekbuis vir sy lede te dien.

“Gegewe die oorvloed van belangstelling in kleinwild en die stigting van die vereniging, is dit van uiterste belang dat die persone wat belangstel vroegtydig sal bespreek,” het Herman in ‘n persverklaring gesê.

“In die geval waar iemand nie die vergadering kan bywoon nie, vir welke rede ook al, maar tog belangstel, laat weet die WRSA gerus en ons sal die betrokke persoon op die databasis plaas en op hoogte hou van verwikkelinge,” het Herman genoem, en bygevoeg dat verteenwoordigers ook welkom is as ‘n alternatief.

Items wat op die dag bespreek sal word sluit in:

  • Die verkiesing van ‘n komitee

  • Bepaling van spesies wat geld as kleinwild

  • Minimum standaarde in die hantering en teel van kleinwildspesies

  • Permitte

  • Inligtingsdag

  • Die daarstelling van ‘n jaarlikse, spesialis, kleinwildveiling.

Vir enige verdere navrae of voorstelle kan Herman Barnard of Lize Visser gekontak word by (012) 335 6994 of deur ‘n epos te stuur na manager@wrsa.co.za

Die vergadering se besonderhede is as volg:

DATUM: Woensdag 4 Februarie 2015

TYD: 10:00

PLEK: WRSA Kantoor

381 Booysen straat

Eloffsdal

Pretoria

Featured Posts
Recent Posts
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
Follow Us
Search By Tags
bottom of page