Basiese metodes vir die Wildboer om nadoodse ondersoeke te doen
Alle wildboere en belangstellendes word deur die WRSA Naboomspruit Bedryfskamer uitgenooi om die inligtingsdag op Donderdag, 19 Februarie by te woon.
Die bekende en gerespekteerde veearts en wildkenner, Dr Louis Greeff gaan ‘n demonstrasie doen oor hoe die boer self ‘n praktiese nadoodse ondersoek op ʼn karkas kan doen.
Verder sal daar aan die plaaswerkers ‘n blitskursus aangebied word, wat sal handel oor die nagaan en herstel van elektriese bedrading op wildsheinings.
Die verrigtinge sal om 14h00 begin en die program word afgesluit met ‘n ete saam met die Romaco span wat instaan vir die dag se spyseniering. Daar sal ook vir plaaswerkers voorsiening gemaak word.
Die inligtingsdag word gehou te Romaco Ranch van die Davey gesin in die Naboomspruit area, en daar word versoek dat belangstellendes voor 12 Februarie bespreek.
Besprekings kan gedoen word by Wanda Coetzee by pa@wrsa.co.za om spyseniering en vervoer te reël.
Kliek hier vir aanwysings en ‘n kaart.
![Romaco ranch, post2.jpg](https://static.wixstatic.com/media/96f241_bc7500011f56492d8505f9a2f16e1a3f.jpg/v1/fill/w_405,h_241,al_c,q_80,enc_auto/96f241_bc7500011f56492d8505f9a2f16e1a3f.jpg)