Regstreekse Wildveilings op Twitter!
Wildboere, wildliefhebbers en belangstellendes het dit nou makliker as ooit, te danke aan ‘n splinter nuwe inisiatief geloods in 2015.
Met die jaar wat voorlê, vol bespreek met wildveilings en veilings van lewendehawe, is dit nie altyd prakties vir die boere om op elke veiling te wees nie. Dus het Wildboere.com in samewerking met Veeplaas Tydskrif, besluit om die komende veilings regstreeks te publiseer, deurmiddel van die Twitter platform gebruik te maak.
Die gebruik van die sosiale media as kommunikasie platform word al hoe meer gewild, deels omdat die gebruikersvriendelikheid op slimfone en tablette soveel verbeter het, en omdat boere in afgeleë gebiede prakties met mekaar in verbinding kan bly.
Sodoende is ons hier by Wildboere.com, saam met Veeplaas Tydskrif, baie opgewonde oor die inisiatief, as een van verskeie deurbrake wat hierdie jaar in die wêreld van landbou aangaande die internet gemaak word.
Hoe werk dit?
Stap 1
Laai die Twitter App op u slimfoon of tablet af en registreer (indien jy nie reeds geregistreer is nie.)
Alternatiewelik kan ‘n persoonlike rekenaar of skootrekenaar ook gebruik word.
Stap 2
Onder die soek opsie, druk in @onderdiehamer of kliek op die skakel hier.
Stap 3
Hou ons dop vir komende veilings. Veilings se besonderhede sal vooraf gedurende die week ge-tweet word.
Stap 4
Om ‘n spesifieke veiling regstreeks op Twitter te volg of om die resultate van die betrokke veiling te sien, druk die @ simbool gevolg met die veiling se naam en die jaar, bv. @pietdutoit2015. Elke veiling se twitter-naam (handle) sal op wildboere.com se veiling bladsy beskikbaar wees.
Let wel:
Sou u nie ‘n betrokke veiling wil volg nie en @onderdiehamer se Tweets nie die oggend wil sien nie, is dit baie maklik om die rekening net te “mute” vir die spesifieke dag.
Vir meer inligting, hulp of voorstelle, kontak Adriaan Snyman gerus by adriaan@wildboere.com
Gaan volg ons gerus ook op Twitter by @wildboere en @veeplaas1
![20140621_110836.jpg](https://static.wixstatic.com/media/96f241_cf32ef91993341a1b0c2ec2a3053143c.jpg/v1/fill/w_980,h_236,al_c,q_80,enc_auto/96f241_cf32ef91993341a1b0c2ec2a3053143c.jpg)