top of page

Wild Inligtingsdag – 27 Maart 2015

Wildbedryf SA se Suid-Kaapse bedryfskamer hou op 27 Maart vanjaar sy eerste Wildinligtingsdag sedert die totstandkoming in Junie 2014.


Die inligtingsdag, wat op Nico en Sonette Lerm se plaas, Lasarus Wildsplaas 28km buite Albertinia plaasvind, begin om 15:00 en val saam met die eerste wild-produksieveiling wat Saterdag 28 Maart deur die Lerms op dieselfde plaas aangebied word.


Die doel met die inligtingsdag, wat gerugsteun word deur Wildbedryf SA, is gerig op grondeienaars wat reeds met wild boer of wildboerdery as ‘n alternatief of aanvulling tot bestaande boerdery oorweeg. Daar het sedert die ontstaan van die bedryfskamer in die Suid-Kaap het reeds 33 lede aangesluit. Amptenare van Wildbedryf SA sal teenwoordig wees om nuwe lede te help registreer.


Sprekers:


Kundige sprekers gaan verskeie aspekte van wildboerdery toelig. Die sprekers is dr Paul Lubout van WS2, Jacques van Rooyen, lektor aan Universiteit Pretoria, en Craig Shepstone, voedingkundige.


Program:


  • Dr Paul Lubout - Genetika in die suksesvolle teling van wild. Tyd-15:15

  • Jacques van Rooyen - aspekte van wildteling soos die beginsels van teling en seleksie, die klemverskuiwing van bewaarder na boer, bekende en onbekende aspekte, die belangrikheid van rekordhouding, en die toekoms van die wildbedryf.

  • Craig Shepstone -voeding van wild in Karoo-toestande.

  • Tyd word toegelaat vir vrae


Teen 18:00 gaan die braaivleisvure aangesteek word. Drank en koeldrank sal te koop aangebied word (slegs kontant).


Koste:


Registrasiefooi beloop R250 per persoon

Sluit die volgende in:

  • Koffie, tee en water

  • ‘n Braaivleisete – steak, tjop en wors, pap en sous asook tuisgebakte brode met konfyt.


Besprekings vir die Inligtingsdag kan gedoen word by Wanda Coetzee 012 335 6994 of email pa@wrsa.co.za


Verblyf:


Konferensiegangers wat wil oorbly om die veiling die volgende dag by te woon, kan by die volgende plekke verblyf bespreek:

- Albertinia Hotel by 028 735 1030

- Aloe Ferox Gastehuis in Albertinia by 028 735 2055 of 082 577 0099

- Garden Route Casino by 044 693 2800

- Gondwana Game Reserve by 021 5550807 of reservations@gondwanagr.co.za (Noem WRSA vir spesiale tarief)

- Zoutpan Struishuis by 028 735 1119

- Skilpadgat Guest Farm (Bespreek deur www.safarinow.com)

- Albertinia Bed and Breakfast (Bespreek deur www.safarinow.com)

- Ria’s B&B – 083 465 9748 of 079 471 0119

- Guinea Fowl B&B – 028 735 1186

- Wolwekraal B&B – 0287351922

- Dorpshuijs B&B – 0287351410

- Garden Route Game Lodge 028 735 1200 www.grgamelodge.co.za


Persverklaring

H2A_0595.JPG

Featured Posts
Recent Posts
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
Follow Us
Search By Tags
bottom of page