Agri SA betrokke by die ontwikkeling van nuwe toetreders tot die landbousektor
“Grondhervorming is ‘n prioriteit wat die landbousektor se volle ondersteuning het. Die sukses van grondhervorming moet egter gemeet word aan die mate waartoe nuwe toetreders ‘n positiewe bydrae lewer tot voedselsekerheid, werkskepping en landelike ontwikkeling. Daarom is die plig van alle rolspelers in landbou om te verseker dat nuwe toetreders tot die sektor bemagtig is met die regte kennis en vaardighede om ‘n sukses van hulle boerdery-ondernemings te maak,” sê Hendrik Ackermann, voorsitter van Agri SA se Arbeid- en maatskaplike beleidskomitee.
In die lig hiervan het Agri SA se Arbeid- en maatskaplike beleidskomitee, met die finansiële hulp van AgriSETA en met die kundigheid van die Universiteit van Pretoria, ‘n opleidingprogram ontwikkel wat fokus op die bemagtiging van entrepreneurs in en nuwe toetreders tot die landbou sektor.
Die eerste opleidingsprogram het in 2014 plaasgevind met 20 deelnemers van verskeie provinsies en bedryfsvertakkinge wat ‘n opleidingsprogram deurloop het in onder andere beginsels van landbou ondernemingsbestuur, produksie- en operasionele bestuur, besigheidsplanne en risiko- en hulpbronbestuur. Tydens ‘n sertifikaat-oorhandigingsgeleentheid is daar erkenning gegee aan die eerste groep deelnemers wat suksesvol die opleidingsprogram deurloop het.
“Ek is van mening dat hierdie opleidingsprogram ‘n stap in die regte rigting is en dat die landbousektor nog die vrugte van hierdie inisiatief sal pluk. Ek hoop dat, met die finansiële ondersteuning van AgriSETA, meer van hierdie opleidingsprogramme aangebied kan word”, sê Ackermann.