top of page

Antwoord op berig in Beeld en Die Burger "Staatsingryping in die wildbedryf versoek"

Vir die van ons wie se liefde vir die wildbedryf by verder as net by die hoofstroom media se praatjies draai, het ons hierdie uitsonderlike wyse woorde op die Facebook bladsy ‘Wild en Eksotiese Wild Aanteel Groep in Suid-Afrika’ gaan haal.

Geskryf deur Gerhard Heyneke

Antwoord op berig in Beeld en Die Burger "Staatsingryping in die wildbedryf versoek"

Ek boer met Goue wildebeeste , swartrooibokke en gewone wild.

Besluit toe verlede jaar om so draai te ry deur ons mooi land. Verby

mede boere se plase wat ontbos het vir landerye vir saaiboerdery

met geneties gemanupileerde mielies om al ons mense te kan voed

en ek voel so trots op hul baanbrekerswerk.

Verby die sitrusboere wat biodiversiteit moes opoffer vir top kwaliteit sitrus. Mooi so het ek gedink. Julle maak ons trots. Hoop julle voer net meer en meer uit.

So deur die Kaap met sy pragtige druiwe prieele wat vir beter kultivars ook gemanupileer word vir beter smaak en om markverwand te bly.

So trots op julle wat naam maak oorsee. Doen so voort.

Die pragtige Marino skape was volgende. Ingevoer uit Duitsland....

So fantasties bly vir ons boere... al is die skape uitheems... wol net waar jy kyk al moet daar jakkalsdraad gespan word vir beskerming en ook maar skilpaaie en miskruiers verhoed om te migreer.

Volgende was n plaas met pragtige Bonsmara beeste. Die boere het hulle ook geteel uit ingevoerde rasse op die plaas Mara. Baanbrekerswerk deur Prof Jan Bonsma om vroee groei by vleisbeestete te beinvloed. So trots op ons boere. Mooi gedink. Ons eet elke dag lekker steaks. Baie dankie.

Sjoe en dan die pragtige kleurvariasies in al ons dorpe en stede... Pragtige geel Strelitzia "Mandelas Gold" en die geel clivias in ons tuine.Van die mooiste kleurvariasies.So bly ons kan dit geniet in ons leeftyd.Hoop nie ons hoef al die bogenoemde te verwoes nie. Ons sou veel armer wees en sonder kos ook.

Inteling op my diere sal my maar 'n swak boertjie maak... en dom ook soos ek sien baie van ons dink. My wild is nie uitheems "eksoties" soos die berig en sekere kenners na verwys nie. My wild het net 'n kleurverskil. So "inheems" soos die boer in Afrika. Nee... ek doen nie inteling nie... my diere word geneties getoets... dis net 'n lekker stok om ons wildboere te slaan.

Enige boer met enige spesie doen inteling indien hy nie nuwe diere inkoop om dit te verhoed nie. Ek boer op 'n plaas wat gedeeltelik bebos is en net vir wild geskik is. Ek ploeg etlike duisende rande terug in my gemeenskap. Ek skep werk en betaal my belasting. Ek teel die mooiste trofee vir die jagter om te kom jag. Nie teen 'n weggee prys nie maar teen 'n prys om my te help om aan te hou boer.

'n Mark word ontwikkel en geskep... 'n Mark word nie met ope arms gekry nie. Daar word reeds kleurvariasies gejag. Hierdie wild is net is SA beskikbaar. Vraag en aanbod en die uiteindelike jagprys sal die mark bepaal. Ontwikkel dit soos die bees ,saai, sitrus, skaap, druiwe en ander boere.

Ons boere is nie parkerade nie. Ons is boere. Gun die son oor ons soos met soveel negatief teen ons. Agv ons boere is genetika drasties verbeter. Daar is ongelooflik vooruitgang gemaak op alle terreine van wildboerdery. Met die koms van stede, dorpe, paaie en drade om plase is alle vorme van wild migrasie in elk geval gestuit of gewysig.

Hou op om ons uit te kryt vir als wat sleg is. Gun ons om uit ons liefde geld te maak. Raak meer ingelig voor daar soveel nonsens geskryf word. Ek is net nog 'n boer soos enige ander boer. Gun my dit terwyl ek daagliks beter trofees en groter verskeidenheid teel vir die jagters om sodoende ook meer geld te verdien.

Groete

Gerhard Heyneke

Featured Posts
Recent Posts
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
Follow Us
Search By Tags
bottom of page